Die Spilvennote van Weerstand (ook Spil van Weerstand, Persies: محور مقاومت, geromaniseer: mehvar–e moqâvemat, EngelsːAxis of Resistance, Arabies: محور المقاومة, geromaniseer: miḥwar al-muqāwamah, Spaans: Eje de Resistencia) is 'n informeelgeleide anti-Israelse en anti-Westerse politieke en militêre koalisie gelei deur die Iranse regering.[1][2] Dit sluit die Siriese Arabiese Republiek, Libannese Sjia-militante groep Hezbollah en verskeie militante groepe in Palestina in.[3][4][5]
Ten spyte van die alliansie se verskillende ideologieë, word hulle verenig deur hul verklaarde doelwitte om die aktiwiteite van pro-Westerse partye, Israel, Arabiese Golfstate, Soennitiese Jihadiste en die Iranse Volksmoedajadien in die streek teen te staan.[6]
In Desember 2023, tydens 'n ontmoeting met die Kubaanse president Miguel Díaz-Canel, het die Iranse opperleier Ali Chamenei aan Kubane gesê om 'n koalisie te vorm teen wat hulle beweer 'n "geboelie" is deur die Verenigde State en sy Westerse bondgenote.[7]
Barnes-Dacey, Julien; Bechev, Dimitar; Borisov, Timofey; Frolovskiy, Dmitriy; Gaub, Florence; Ghanem-Yazbeck, Dalia; Katz, Mark N.; Kuznetsov, Vasily; Lavrov, Anton; Nakhle, Carole; Trenin, Dmitri (2018). "Russia and the 'resistance axis'". European Union Institute for Security Studies (EUISS): 65–70. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2023.